GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Een persoon is oorlede en ses beseer in ’n ongeluk by die kruising van die R102 en Stasieweg in Groot-Brakrivier.
Volgens die Groot-Brak-polisie het ’n vragmotor en ’n Bantam-bakkie voor 16:00 vanmiddag, Vrydag 24 Julie, in die kruising teen mekaar gebots.
Die bakkie het uit Die Eiland se rigting op Morrisonweg gekom en die vragmotor was op die R102 onder weg na Groot-Brak. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Die oorledene is op die toneel dood verklaar. Nooddienste het die beseerdes na George-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorledene se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’