KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - 'n Man het op Maandag, 8 Julie doodluiters by die voordeur van die Eden Country Inn op Klein-Brakrivier ingestap, 'n werknemer by die ontvangstoonbank met 'n vuurwapen gedreig, en minstens R17 000 kontant uit die kasregister gesteel.
Die voorval het om ongeveer 20:00 gebeur. Die Mossel Bay Advertiser het 'n video-opname van die voorval onder oë gehad.
Die verdagte se kop is met 'n onbekende voorwerp bedek en die hele voorval vandat die verdagte by die hotel instap, tot hy uitstap, duur skaars 20 sekondes.
Op die video kan gesien word hoe die verdagte instap, die vrou dreig, oor die toonbank hang, en dan weer uithardloop.
Polisiewoordvoerder, sersant Laurianne Botha sê die verdagte het te voet gevlug en niemand in nog in verband met die voorval inhegtenis geneem nie.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Lees 'n vorige artikel hier: Gewapende roof by hotel
'Ons bring jou die nuutste Klein-Brakrivier, Tuinroete nuus'