KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier is opsoek na ‘n gewapende man wat gisteraand die Eden Country Inn beroof het.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha sê die verdagte het 20:00 gisteraand by die hotel op Klein-Brakrivier ingestap.
Botha sê die verdagte het ‘n vuurwapen op die ontvangsdame gerig en R17 000 uit die kasregister gesteel.
Hy het daarna te voet gevlug. Niemand is in die voorval beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'