Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Gesin van Mosselbaai treur oor hulle geliefde kat, Dynamite "Dyni" van Huizen wat onlangs doodgery is.
Dynamite is op 7 Oktober 2016 gebore en het diep in die Van Huizens se harte gekruip.
Dié gemmerkat het beslis die gesegde "dinamiet kom in klein pakkies" gestand gedoen.
Sy eienaar, Shirene van Huizen sê Dynamite het die huishouding op Reebok behoorlik op horings geneem.
Hy was lief daarvoor om nader te sit as 'n gesinslid op die skootrekenaar werk en was mal daaroor om bedags in die sonnetjie op te krul.
Boonop was Dynamite baie lief daarvoor dat een van sy gesinslede hom vla met 'n lepel voer.
Hy was oral teenwoordig en sou sommer in die kattebak van die motor bly sit wanneer almal hul bagasie inlaai.
Om klere te was, was ook 'n taak op sy eie want die hele huishouding moes eers seker maak dat Dynamite nie in die wasgoedmasjien sit nie.
"Ons gaan jou mooi groen oë mis en hoe jy altyd nader sou hardloop sodra jy hoor ons maak 'n tunablikkie oop," sê Shirene.
Dynamite is op 31 Januarie voor sy huis in Reebok doodgery.
"Rus sag my harige boetie, tot ons mekaar weer sien. Liefde."
Kyk 'n video hieronder:
Soggens het hy sy mensbase sommer vroeg al wakker gemaak.
Vorige artikel: Reebok se gemmerkat nou stil
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'