Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-gemeenskap is in rou na die skielike dood van die 37-jarige Xampher Pietersen, ’n kommersiële duiker, wat Sondagaand, 27 Julie, in ’n motorongeluk in Kaapstad omgekom het.
Pietersen, oorspronklik van Mosselbaai, was die broer van die voormalige Springbok-sewes-speler, Wilton Pietersen.
Die Pietersen-familie is steeds in skok na die tragiese voorval. Hulle vriende en familie het vanoggend by hul woning in Mosselbaai saamgetrek om hulle te steun.
Die ongeluk se omstandighede is nog nie bevestig nie, en word tans ondersoek.
Xampher word deur sy ma, sy broer, sy vrou en twee jong dogtertjies oorleef.
Meer besonderhede sal verskaf word soos dit beskikbaar raak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’