GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Een voertuig was vroeër vanmiddag, 22 September, in ’n ongeluk op die N2 naby Groot-Brakrivier betrokke.
Volgens die Groot-Brak-polisie het die bakkie glo gerol.
Nood- asook wegsleepdienste was op die toneel.
Drie persone het ligte beserings opgedoen en is George toe geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’