Video
TUINROETENUUS EN VIDEO - Die drietal, Pieter Koekemoer, Carl de Campos en Sean Snyman het vanoggend Dinsdag, 25 Mei vertrek op die The Three Amigos Mossel Bay to George Relay wat saamval met Afrikadag.
Luther van der Mescht van Monties Cycle and Sports het Koekemoer vergesel vir morele ondersteuming en het ook aan die drie glimbande geskenk vir hul veiligheid.
Die aflos het net na 07:00 by Mosselbaai-toerismekantoor begin.
Koekemoer het daarvandaan met ‘n kunsbeen 25 km per fiets tot in Groot-Brakrivier gery waar De Campos teen 08:30 oorgeneem het. De Campos, wat blind is, word gelei deur 'n helper. Naby die George-lughawe gaan Snyman die laaste skof aandurf tot by Eenheidspark in George se stadskern.
Hulle hoop om bewusmaking vir gestremde atlete te skep, maar ook om George en Mosselbaai te vestig as die voorkeur bestemming vir mense met gestremdhede.
Hulle samel fondse in vir twee strandrolstoele en die plan is om R120 000 in totaal in te samel.
Kyk 'n video hieronder:
Luther van der Mescht van Monties Cycles hier saam met die drie Amigos; Pieter Koekemoer, Sean Snyman en Carl de Campos. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'