Update
MOSSELBAAI NUUS - Verskeie diere, onder meer 'n jong bokkie wat as pasiënte van die Hartenbos Dierehospitaal behandel is, word tans by die Mosselbaai Dierehospitaal behandel nadat hulle van die brand in die Hartenbos Heuwels-omgewing gered is.
Volgens een van die direkteure van S.M.A.R.T, Tersia Marais, kleef die brandreuk steeds aan die diere maar is hulle almal veilig.
'n Beroep word weer eens op inwoners gedoen om bedag te wees op wildlewe wat vir die brande vlug.
Die Mosselbaai DBV het voertuie beskikbaar en kan hulp verleen in geval van nood. Skakel 072 287 1761 of 082 378 7384.
Luister na Rowena Hendricks, municipal communications and marketing officer
Lees vorige artikels hier:
- Leerders deur brand geraak
- Hartenbos Heuwels-brand: Opvolg
- Fire: Important SPCA notice
- Wildslewe in gedrang
- Opvolg: Veldbrand by Hartenbos Heuwels
- Vegetation fire burning
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'