MOSSELBAAI NUUS - Dis amptelik die Garden Route Family Experiences se sewende jaar.
Dié opwindende geleentheid was vroeër bekend as die Garden Route Family 4x4 Outdoor Expo en 2025 gaan groter en beter wees as ooit tevore!
Hulle noem hom nie verniet die Garden Route Family Experience nie - daar is waarlik iets vir elkeen in die gesin.
Daar is byna geen limiete aan die Kids Zone nie - noem dit en dis daar. Van gesigverf en minivierwielritte tot muurkuns, perdry en meer leer oor die brandweer.
Vir die volwassenes is daar ’n vasvrageleentheid, mét prysgeld natuurlik, werkswinkels, ’n fliekaand en soveel meer. Moet ook nie van die karaoke vergeet nie, hoor.
En hou ook in gedagte, net omdat dit lýk of dit vir kinders is, beteken dit nie jy kan nie deelneem nie! Maak ’n bietjie daardie klein dogtertjie of seuntjie binne jou wakker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’