MOSSELBAAI NUUS - Met die warmer dae uiteindelik hier, het Diaz Primêr behoorlik van die geleentheid gebruik gemaak om hul jaarlikse pretloop op Vrydag 22 November, by Santosstrand aan te bied en ook die gebruiklike fondsinsameling af te handel.
Al die leerders van graad 1 tot 7 het dié dag in die son terdeë geniet.
Daar is geswem, rugby en vlugbal gespeel terwyl tot 'n klompie die geleentheid gebruik het om te dans.
Sommige het dit net geniet om in die son te lê en bak, sandkastele te bou en sommer net pret te hê tussen die skryf van hul eindeksamen deur.
Saam met die personeel het die leerders ook worsrolletjies en koeldranke as 'n middagete-bederf geniet.
Lewensredders was ook aan diens om 'n wakende oog te hou oor die dapperes, wat die golwe aangedurf het.
Die kinders het 'n dag van rugby speel geniet. Foto: Gabriélla Siebritz‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’