Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Jong vrou is omstreeks 19:40 op Saterdagaand, 9 Februarie by haar huis in Danabaai aangerand pas nadat sy alleen tuisgekom het.
Na wat verneem word, het 'n aanvaller haar oorrompel net nadat sy die huis se alarm gedeaktiveer het.
Die slagoffer is met 'n mes gedreig en in haar kamer ingedwing. Die slagoffer het haar teen die aanvaller verset en die alarm se paniekknoppie geaktiveer. Die aanvaller het daarna met kontant ontvlug.
Die polisie en sekuriteitsmaatskappy se personeel het die slagoffer bygestaan en is steeds na die verdagte op soek.
Volgens die KwaNonqaba-polisie se woordvoerder, sers Kapp, het die ondersoekbeampte en polisielede die slagoffer verder bygestaan in die ondersoekproses. Klagtes van aanranding en poging tot verkragting word deur die Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (GKS) ondersoek.
Teen druktyd is geen nog arrestasie gemaak nie.
Lees 'n vorige artikel hier: Vrou in Dannabaai aangerand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'