MOSSELBAAI NUUS - 'n Vrou in haar veertigerjare is omstreeks 21:00 op Saterdagaand, 9 Februarie by haar huis in Danabaai aangerand pas nadat sy tuis gekom het.
Na wat verneem word, het 'n aanvaller haar oorrompel net nadat sy die huis se alarm gedeaktiveer het.
Die slagoffer is, met 'n mes gedreig en in haar huis ingedwing. Die slagoffer het haar verset en die alarm se paniekknoppie geaktiveer.
Die aanvaller het ontvlug. Die polisie en alarmmaatskappy se personeel het die slagoffer bygestaan en is na die verdagte op soek.
Volgens die KwaNonqaba-polisie se woordvoerder, sers Kapp, sal die ondersoekbeampte en polisielede vandag die slagoffer verder bystaan in die ondersoekproses. Geen arrestasie is nog gemaak nie
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'