Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Vorentoe het op Vrydag, 24 Maart hulle vierde Colourfest op hul sportgronde in Groot-Brakrivier aangebied met meer as 800 deelnemers wat in die pret gedeel het.
Volgens Annemi Barnard, 'n onderwyseres by die skool en een van die organiseerders, het hul sportgronde behoorlik gekreun onder heerlike kosstalletjies, opgewonde kinders, ywerige besoekers en natuurlik reënboogkleure van verfpoeier.
PHOTO GALLERY: Colourfest an expulsion of colors
"Mense van alle ouderdomme met bejaardes en babas in stootwaentjies het aan die 3km staproete deelgeneem, terwyl daar op verskeie punte ywerige personeellede was wat deelnemers met verfpoeier bestrooi het. Ondanks donderstorms en swaar weer wat reg rondom ons mooi dorpie gdreun het, was ons geseën met die mooiste somersaand."
Die onderwysers van Laerskool Vorentoe was almal deel van die organisering en pret van die Colourfest.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’