MOSSELBAAI NUUS - Kort nadat 'n vragmotor op die N2 naby Groot-Brakrivier omgeslaan het is nooddienste na nog 'n motorongeluk op Mosselbaai ontbied.
'n Motorongeluk is by die verkeerskruising van Louis Fourieweg en Essenhoutstraat aangemeld. Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuurspanne is op die toneel. Een pasiënt is uit die wrak bevry.
Twee motorvoertuie was in die botsing betrokke. Een baan van die tweespoor wat na die stad lei, is vir verkeer gesluit.
LEES HIER: Vragmotor slaan op N2 om
Motoriste word versoek om die gebied met omsigtigheid te nader omdat noodvoertuie op die toneel was.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'