MOSSELBAAI NUUS - Die brandweer-, reddings- en rampbestuurspan van Groot-Brakrivier is op die toneel van 'n ongeluk op die N2 naby Klein-Brakrivier waar 'n vragmotor omgeslaan het.
Die voertuig is van die ryvlak af en die verkeersvloei op die N2 word nie beïnvloed nie.
Die bemanning is besig om voor te berei om een persoon uit die voertuig te haal. Sowel die ambulans as die provinsiale verkeerspersoneel is op die toneel.
Alle motoriste word versoek om die gebied met omsigtigheid te nader omdat noodvoertuie op die toneel was.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'