Update
HERBERTSDALE NUUS - 'n Landbouer van Herbertsdale wat ondermeer van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla word, se borgtogaansoek word vandag in die Mosselbaai-landdroshof voor landdros Clifton Maseti aangehoor.
Verteenwoordigers van 'n politieke party, Icosa, asook 'n paar landbours wat mnr Frik Muller kom ondersteun het, dit die galery vol.
Lede van die polisie se openbare orde-eenheid is ontplooi om die orde te handhaaf.
Die landdros het pas met die verrigtinge begin.
Lees 'n vorige artikel: Boer se borgtogaansoek uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'