Update
MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die staat sal vandag sy laaste getuie roep om in die hoër hof op Mosselbaai te getuig oor die moord op ‘n boer van Hartenbos.
Die 54-jarige Freddie Tolman is in Desember 2014 op sy plaas Outeniquabosch doodgeskiet.
Tolman was op die oggend van die moord in sy bakkie onderweg om plaaswerkers op te tel.
Ses verdagtes word met die moord verbind.
Nadat Tolman twee keer geskiet is, het die verdagtes na die R328 pad gevlug waar hulle ‘n voertuig gekaap het.
Slegs een verdagte, die 34-jarige Lamlani Booi is gearresteer.
Kenners het intussen getuig dat Booi se vingerafdrukke op die gekaapte voertuig gevind is.
Sy selfoon data verbind hom ook na bewering met die moord- en kaping toneel.
Klik hier vir vorige artikels:
- Boer se vermeende moordenaar in hof
- Vermoorde boer se vrou getuig
- Verdagte in plaasmoord in hof
- Plaasmoord: verdagte in hof
- Plaasmoord: 'n jaar later
- Boerse moord: "Ek mis hom elke dag"
- Opvolg: Nog geen arrestasie ná moord op boer
- Bekende boer sterf in plaasaanval
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'