SUID-KAAP NUUS - Liandri Lamprecht (15) van George en Rosie Venter (13) van Danabaai in Mosselbaai gaan binnekort hul talente wys tydens die Miss Junior SA en Miss Petite Teen SA kompetisies wat vanjaar van 21 tot 24 Maart in Pretoria plaasvind.
Liandri is 'n finalis vir Miss Junior SA 2024. Dié pragtige blondekop is 'n leerder van Danlyn Academia waar sy tuisskoolonderig ontvang. Jy kom te staan teen sterk kompetisie. Lesers wat Leandri wil ondersteun kan help met 'n stem. Stuur die kode JT12 per SMS na die nommer 47087.
In ons buurdorp, Mosselbaai, is daar verseker ook baie talent. Rosie Venter (13), 'n leerder van Mossel Bay Tutor Centre, is 'n finalis vir Miss Petite Teen SA, 'n ander afdeling van die kompetisie.
Dié jonge dame het onder meer die volgende titels losgeslaan: Miss Pre-Teen Garden Route; Senior Top Model; Mej ATKV Hartenbos Teen (Eerste Prinses). Diegene wat haar vir haar wil stem kan die kode MPT01 per SMS stuur na die nommer 47087.
Meer oor Liandri
'n Paar titels wat Liandri tot dusver gewen het is Mini Miss Teen World South Africa 2023; Teen Miss Supreme Queen South Africa 2023; Miss Pearl Teen 2023; Miss Petite Teen South Africa Western Cape 2023; en Miss Junior Teen Garden Route 2023.
George Herald het die volgende vrae aan Liandri gestuur, wat sy binne minute geantwoord het:
Watter deel van hierdie kompetisie geniet jy die meeste, en vir watter deel is jy die meeste op jou senuwees?
Ek geniet die onderhoud die meeste. Dit is waar ek my persoonlikheid kan wys en vertel van die liefdadigheidswerk wat ek doen as 'n finalis. Ek is baie op my senuwees vir die loopplank - hulle is regtig baie streng oor hoe jy loop, maar as ek eers op die loopplank is geniet ek myself baie!"
Wat het jou laat besluit om aan 'n skoonheidskompetisie deel te neem?
"My eerste kompetisie was Miss Charity Champion en daarna het ek besluit dat ek graag meisies van my ouderdom wil inspireer om selfversekerd en trots te wees op wie hulle is. Ek wil hulle ook inspireer om 'n positiewe selfbeeld te hê. Deur die power of the sash kan ek dit doen.
"Ek is mal oor Pageant SA se kompetisies en het verlede jaar ook aan Miss Jnr SA 2023 deelgeneem, dus was die keuse om weer in te skryf hierdie jaar maklik."
Wat is jou drome vir die toekoms?
"Ek fokus tans op my Miss Junior SA reis. Wat die volgende paar jaar betref, is ek nog nie heeltemal seker nie. Ek glo daarin om een stap op 'n slag te neem en geleenthede te omhels soos hulle kom. Ek is oop vir nuwe ervarings en uitdagings en opgewonde om te sien waarheen hierdie reis my lei."
Intussen samel Liandri steeds sanitêre doekies vir die George-gemeenskap in, en enige maatskappye of individue wat wil skenk kan haar ma, Lydia, kontak by 082 329 2825.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’