MOSSELBAAI NUUS - 'n Graad 6-leerder van Curro Mosselbaai, Alexia Young (12) wat onlangs 'n projek by die skool geloods het waar sy leerders se ou skooltasse versamel, skoonmaak en restoureer, het onlangs nog 20 tasse bymekaar gemaak.
Alexia was vroeër in die koerant toe sy bekendgemaak het dat sy hierdie projek doen.
Alexia het destyds op haar eie ou skooltasse afgekom en besef dat dit eintlik nog in 'n goeie toestand was. Sy het toe 'n brief aan mede-leerders geskryf waarin sy hulle aanmoedig om hulle ou skooltasse vir haar te bring.
Sy het nog nie besluit aan watter skool sy die tasse sal skenk nie, maar sal dit later bekendmaak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'