MOSSELBAAI NUUS - 'n Graad 6-leerder van Curro Mosselbaai, Alexia Young (12) het onlangs 'n projek by die skool geloods waar sy leerders se ou skooltasse versamel, skoonmaak en restoureer.
Alexia wil die tasse aan kinders in die groter Mosselbaai skenk wat nie skooltasse het nie.
Alexia se pa, Mel beskryf haar as 'n regte hands-on tipe meisiekind wat lief daarvoor is om haar ouers met werkies in en om die huis te help.
Die idee is van stapel gestuur nadat Alexia op haar eie ou skooltasse afgekom het en besef het dat dit eintlik nog in 'n goeie toestand was.
Alexia het 'n brief aan medeleerders geskryf waarin sy hulle aanmoedig om hulle ou skooltasse vir haar te bring. "Ek sal beslis die Mossel Bay Home Ads News laat weet sodra ek genoeg tasse versamel het." Inwoners kan Alexia kontak deur vir haar 'n e-pos te stuur na kashayoung1@yahoo.co.uk
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'