KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - 'n 10-jarige meisie is vanoggend, 22 Julie, op die N2 in die rigting van Groot-Brakrivier deur 'n voertuig getref.
Die voorval het vermoedelik digby Powertown plaasgevind. Slegs een voertuig was betrokke.
Die Groot-Brakrivier-polisie en nooddienste is steeds op die toneel.
Volgens sers. Lauriane Botha, Groot-Brakrivier se polisiewoordvoerder, is die kind vir verdere mediese hulp na George-hospitaal geneem.
Die omvang van die slagoffer se beserings is nog nie bekend nie. Die omstandighede van die voorval word tans ondersoek.
Mossel Bay Advertiser sal meer besonderhede verskaf sodra dit bekendgemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’