Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Voetganger is dood en twee insittendes van 'n vragmotor ernstig beseer nadat 'n vragmotor op Woensdag, 24 Junie vermoedelik eers die voetganger op die Robinsonpas doodgery en toe omgeslaan het.
Die omstandighede van die voorval word nog ondersoek.
Nooddienste was ure lank op die toneel naby Ruiterbos waar die vragmotor omstreeks 06:30 die pad verlaat het.
Mossel Bay Advertiser-joernalis, Jannie du Plessis was op die toneel en het met sy aankoms berig dat daar 'n liggaam in die pad gevind is, ongeveer 250 meter van waar die vragmotor omgeslaan het.
Die passasier in die vragmotor, Frank Munemo, is deur nooddienste behandel en na 'n plaaslike hospitaal geneem. Die bestuurder van die vragmotor, Raymond Chiwangira (39), 'n inwoner van Zimbabwe, was steeds in die vragmotor vasgekeer en is eers teen 09:55 uit die vragmotor gehaal aangesien sy bene binne die wrak vasgepen was. Volgens 'n familielid is sy toestand egter stabiel.
Die pad was 'n geruime tyd lank vir verkeer gesluit en weer later die dag toe die vragmotor weer op sy wiele staangemaak is. Chiwangira se ma het op die toneel aan die Advertiser bevestig dat die vragmotor vanaf Kimberley na Mosselbaai gereis en voerbale vir diere vervoer het. Sy moeder het ook bevestig dat hulle op Mosselbaai woon. Die identiteit van die oorledene was teen druktyd nog nie bekend gemaak nie. Die polisie ondersoek die voorval.
Kyk 'n video hieronder
Raymond Chiwangira (39), word hier deur nooddienswerkers na die ambulans geneem nadat hulle bykans drie en 'n halwe uur gespook het om hom uit die vragmotor te haal. Foto: Jannie du Plessis
Familie en vriende op die voorgrond kyk na die toneel terwyl nooddienswerkers die bestuurder in die ambulans behandel. Foto: Jannie du Plessis
VORIGE ARTIKELS:
- Opvolg: Vragmotor slaan om in Robinsonpas
- Vragmotor van ongelukstoneel verwyder
- Liggaam in pad waar vragmotor omgeslaan het
- Truck overturns in Robinson Pass
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Mosselbaai nuus'