MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit het 10 nuwe vullishouers regoor die groter munisipale area geïnstalleer wat dit makliker maak om vullis te hersirkuleer en effektief te verwyder.
Die nuwe houers het 'n baie groter kapasiteit as die bestaande vullishouers, en kan baie makliker en meer koste-effektief skoongemaak word. Dit is ook bedek, wat dit meer higiënies maak om vullis daarin te stort.
Die houers is op strategiese plekke opgerig, onder meer by Crook- en Montagustrate in die sentrale sakekern.
In Heiderand is houers aangebring in Seder- en in Apiesdoringstrate. Daarbenewens is houers ook by die Kleinbrak-parkeerarea, in Kusweg, by die munisipale kantore in Groot-Brakrivier, by Islandview, in Glentana en by die gemeenskapsaal in Danabaai aangebring.
'n Spesiale vullisverwyderingsvragmotor word boonop gebruik om die vullishouers vinnig en effektief skoon te maak.
Die munisipale personeel van die afdeling gemeenskapsdienste wat vir die installering van die nuwe vullisverwyderingstelsel verantwoordelik is.
Die spesiale vullisverwyderingsvragmotor kan die nuwe houers vinnig en effektief skoonmaak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'