Update
MOSSELBAAI NUUS - Een van die slagoffers van die goeie neerslag van die afgelope naweek, wat berge in die omgewing spierwit met sneeuneerslae gelaat het, was die oorspronklike klipmuur wat as heining gedien het vir die gebou wat onder meer as skoolkoshuis vir Hoërskool Punt gedien het.
Die gebou dateer uit 1906, en was aanvanklik 'n familiewoning en die Chesham Hotel voordat dit as koshuis omskep is. Dit was 'n seunskoshuis vanaf 1950 tot en met 1972.
Herstelwerk
Goeie nuus is dat herstelwerk aan dié muur lank reeds beplan word nadat Mosselbaai Erfenisvereniging die bal aan die rol gesit het toe die eerste klip uit die muur vroeër losgekom het.
"Die departement openbare werke in George het reeds 'n argitek van G Fagan Argitekte aangestel en planne en permitte vir die herstelwerk is in plek. Terselfdertyd sal die dreinering aangespreek word om te verhoed dat die skade soos nou onderving, weer voorkom," aldus Carina Wiggill, voorsitter van die Mosselbaai Erfenisvereniging.
Die ringmuur wat erfenisstatus geniet om 'n gebou wat eens as koshuis vir Hoërskool Punt gedien het, het weens die naweek se reën meegegee. Planne om dit te herstel vorder goed. Foto: Dave van der Merwe
Indrid Smit het Saterdag die perfekte reënboog oor Danabaai op kamera vasgevang.
Lees 'n vorige artikel hier: Welkome reën bring verligting, skade
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'