MOSSELBAAI NUUS - Milde reën het die afgelope naweek strome van seënwater meegebring. Van heinde en verre deur die groter Mosselbaai-area het inwoners dankbaar reageer met aanduidings van hoeveel reën in hul opvangsgebied geval het.
Op Danabaai het Ingrid Smit die perfekte foto op facebook gedeel van 'n volmaakte reënboog oor dié woonbuurt. Danabaaiers het tot soveel as 60mm reën in hul reënmeters gemeet, terwyl in Hartenbos Heuwels heelwat meer, 76mm by 'n leser se woning gemeet is.
Een van die slagoffers van die goeie neerslag, wat berge in die omgewing spierwit met sneeuneerslae gelaat het, was die oorspronklike klipmuur wat as heining gedien het vir die gebou wat onder meer as skoolkoshuis vir Hoërskool Punt gedien het.
Goeie nuus is dat herstelwerk aan dié muur word reeds beplan nadat Mosselbaai Erfenisvereniging die bal aan die rol gesit het nadat die eerste klip uit die muur losgekom het.
"Die departement openbare werke in George het reeds 'n argitek van G Fagan Argitekte aangestel en planne en permitte vir die herstelwerk is in plek.
Goeie nuus is dat herstelwerk aan dié muur word reeds beplan nadat Mosselbaai Erfenisvereniging die bal aan die rol gesit het nadat die eerste klip uit die muur losgekom het.
Terselfdertyd sal die dreinering aangespreek word om te verhoed dat die skade soos nou onderving, weer voorkom," aldus Carina Wiggill, voorsitter van die Mosselbaai Erfenisvereniging.
By tye het die parkeerarea by die Hartenbos Seefront ook soos 'n swembad voorgekom, maar met die eerste sonstrale op Sondagoggend het die jongklomp weer soos gewoonlik die pretpark se swembaddens benut.
By tye het die parkeerarea by die Hartenbos Seefront ook soos 'n swembad voorgekom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'