MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van winkeldiefstal waarin hierdie twee verdagtes gesoek word. Die persone het volgens inligting verlede naweek toegeslaan op Mr Price in die Langeberg Mall.
Die polisie versoek die gemeenskap asook die personeel van besighede om op die uitkyk te wees vir verdagte persone, aangesien dit vermoedelik 'n sindikaat bestaande uit vier persone is wat by hierdie misdaad betrokke is.
Enige persoon met inligting word versoek om die ondersoekbeampte ao Deon Louw te kontak (082 522 1678).
Lees 'n vorige artikel: Winkeldiewe gesoek
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'