MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai is steeds opsoek na vier verdagtes, waarvan een 'n minderjarige kind is, wat in September op kliënte wat inkopies by 'n gewilde winkelsentrum op Mosselbaai gedoen het, toegesak het.
Die verdagtes teiken veral ouer vroue wat met 'n handsak of inkopiesakke in winkeltrollies inkopies doen.
Volgens die polisie werk drie of meer verdagtes saam en gebruik hulle selfs kinders om die slagoffers se aandag af te trek terwyl 'n ander dan die handsak of inkopiesak neem en doodluiters daarmee wegstap.
Enigeen met inligting word versoek om sers Ruhan du Plooy te kontak by 061 159 6146 of 044 606 2850.
'n Beloning word aangebied vir inligting wat tot 'n arrestasie kan lei.
Hierdie skermgreep wys die verdagtes wat inkopiegangers teiken en dan hul handsakke of inkopiesakke steel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'