Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Dit blyk dat weerlig Dinsdagaand 'n veldbrand in die Ruiterbos-omgewing veroorsaak.
Brandbestryders van beide die Mosselbaai munisipaliteit en die Eden Distriksmunisipaliteit is op die toneel.
Volgens ooggetuies is die brand omstreeks 19:00 deur baie aanskoulike, maar vernietigende blitse veroorsaak.
Volgens 'n brandbestryder verbonde aan die Mosselbaaai munisipaliteit wat in die omgewing woon, Francois Roberts, het hy en sy dogter Dinsdagaand, 31 Oktober buite hul huis gesit en gesien hoe swaar die donderweer en weerlig in die omgewing is.
'n Besonder aanskoulike stel weerlig om 19:00 het na bewering toe tot die brand, wat steeds woed, aanleiding gegee.
Berigte van 'n veldbrand in die Vleesbaai-omgewing kon nog nie bevestig word nie.
Die brand woed steeds naby die Ruiterbos-nedersetting waar vernietigende brande vroeër vanjaar groot skade aan aangeplante plantasies aangerig het.
Volgens ooggetuies versprei die brand wel in die rigting van die R328 maar is die deurpad tans nie in gevaar nie omdat heersende windtoestande rook en vlamme weg van die pad laat beweeg.
Kyk 'n video hieronder:
Die brand wat blykbaar deur weerlig begin is.
Nuutste | Robinsonpas oop vir verkeer
FOTO'S & VIDEO: DAVE VAN DER MERWE
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'