Update
MOSSELBAAI NUUS - Motoriste word tot versigtigheid gemaan op die R328 oor die Robinsonpas waar brandbestryders veg teen 'n brand in die Ruiterbos-omgewing.
Provinsiale verkeersbeamptes is op die toneel en berig dat die wind steeds die rook weg van die pad hou.
Die verkeersbeamptes sal die situasie deurtentyd monitor en, sou die situasie verander, sal owerhede motoriste inlig.
Lees 'n verwante artikel: Weerlig rede vir brand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'