MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt het op Vrydag, 5 Maart, onder streng Covid-19-maatreëls, die BLITZ-atletiekbyeenkoms gehou.
'n Totaal van 193 atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en uitstekende prestasies gelewer, veral as in ag geneem word dat die atlete in Februarie 2020 laas aan atletiek deelgeneem het. Daar is altesaam 15 rekords verbeter.
Van die atlete wat uitgestaan het is:
- Mieke Coetzee met drie nuwe rekords vir meisies o/14 (hamergooi, diskus en gewigstoot).
- Anika Beukes met twee nuwe rekords vir meisies o/17 (100m en driesprong).
- Jandri Snyders met twee nuwe rekords vir meisies o/17 (3 000m en 800m).
Rekords wat verbeter is:
- Hamergooi seuns o/15 - Deacon Cooper 44.07m
- Hamergooi meisies o/14 - Mieke Coetzee 35.35m
- Gewigstoot meisies o/14 - Mieke Coetzee 11.72m
- 800m meisies o/17 - Jandri Snyders 2:21.00
- Hamergooi meisies o/17 - Adeline Roos
- 100m meisies o/14 - Amone Billing 13.40
- 100m meisies o/15 - Anika Fourie 13.69
- 100m meisies o/17 - Anika Beukes 12.88
- Diskusgooi meisies o/14 - Mieke Coetzee 29.29
- Spiesgooi seuns o/14 - Derrick Barnard 39.27
- Driesprong meisies o/17 - Anika Beukes 10.46
- Driesprong seuns o/14 - Kunene Gadu 11.04
- 3 000m seuns o/14 - Henru Nell 11:20.00
- 3 000m meisies o/17 - Jandri Snyders 10:56.00
Die dag was beslis een wat die Punt-atlete sal onthou. Punt bedank elke ouer en onderwyser wat as beampte opgetree het en Francois Boshoff en Roland Nell vir die pragfoto’s wat hul tydens die byeenkoms geneem het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'