HARTENBOS NUUS - Hartenbos se 210de parkrun is Saterdag, 30 Maart deels daaraan toegewy om die vrywilligers te vereer vir hul belangrike bydrae tot dié weeklikse sportgeleentheid se sukses.
Dalene Cloete het 'n toekenning ontvang vir die 50ste keer wat sy as vrywilliger diens gedoen het.
Abigail en Willem van den Heever het sertifikate ontvang wat deur die legendariese atleet, Bruce Fordyce self onderteken is.
Altesaam 288 het aan Saterdag se parkrun deelgeneem.
Atlete gereed om weg te spring.
Abigail en Willem van den Heever met hul sertifikate wat deur Bruce Fordyce onderteken is.
Vrywilligers van die Hartenbos-parkrun.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'