Update Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO - Ses vroue het op 29 Januarie begin stap vanaf Gauteng en het vandag, Vrydag 17 Februarie, na 17dae se stap by die Waterfront in Hartenbos aangekom.
As deel van Dynamic Women for Children (DWFC) se Cape2Care Projek, is dit hulle onbaatsugtige poging om minderbevoorregte kinders die geleentheid te gee om hulle volle potensiaal te bereik.
Plaaslike inwoner, Erika Myburgh, was betrokke, tesame met Marleen van der Walt, van 2008 tot 2012 by hierdie nie-winsgewende organisasie in Pretoria, en was ook deel van die stigtingproses.
Nadat Erika en haar gesin in 2012 na Mosselbaai verhuis het, het Marleen en haar dogter Michelle DWFC in totaliteit verder bestuur.
Die projek was in samewerking met Rauch Gertenbach Prokureurs gedoen en verskeie besighede was ook betrokke. Rauch Gertenbach se personeel en verskeie ander stappers het die laaste deel van die vroue se staptog meegemaak.
Die laaste deel van die staptog was in die reën maar dit het die dinamiese vroue nie gekeer.
VIDEO: Vroue se staptog eindig in Hartenbos
Hulle is voor hul aankoms by die waterfront, deur leerlinge by Laerskool Hartenbos verwelkom waarna hulle die 1480km by die Waterfront geëindig het.
Vir meer oor die projek, videos en fotos, moenie die volgende uitgawe van Mossel Bay Advertiser misloop nie.
Die ses vroue wat die 1489km staptog voltooi het. Van link is Rika Lize Vosloo, Hanlie Reynecke, Louise Mostert, Marina du Plooy, Michelle van Biljon en Marleen van der Walt.
Vorige artikels:
- Support long walk to benefit children in need
- Support long walk to benefit children in need
- Ondersteun dinamiese vroue wat kinders ondersteun
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'