Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die 51-jarige Heidi Hobbs van George het Vrydagmiddag, 25 November, net na 12:00 tragies gesterf toe sy ná 'n heerlike strand-uitstappie vroeër die dag saam met haar seun en kleinkind oor die N2 by De Dekke, Groot Brakrivier gestap en deur 'n motor getref is.
Heidi, haar 18-jarige seun, Heinrich en vyfjarige kleindogter, Edlizaan het die oggend op die strand deurgebring voordat hulle by haar suster in Greenhaven, Groot-Brakrivier sou gaan kuier.
Volgens Heidi se suster, Anne James, was sy in 'n winkelsentrum toe sy net 'n verskriklike gevoel oor haar gekry het.
Sy het kort daarna 'n oproep van 'n kennis by die Spar oorkant die pad, waar die ongeluk gebeur het, gekry om te sê dat sy dadelik moet kom. Toe sy op die toneel kom, het haar suster nog geleef, vir haar gekyk en haar oë geknip. Sy is kort daarna oorlede.
Heidi word oorleef deur haar man, Edwin, dogter Edwardine (27), seuns Daniel (21), tweeling Heinrich en Heinry (18) en haar vyfjarige kleinkind na wie sy omgesien het, terwyl haar ma gewerk het.
Heidi was die oudste van vyf susters, Anne James, Maria Korkee, Rialet Kumutu en Elsie Gertse. Hulle is 'n hegte familie wat graag saam gekuier het. Heidi se man, Edwin is gebroke. "Ek het die liefde van my lewe verloor." Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
VIDEO - Anna James, suster van Heidi Hobbs, wat doodgery is.
VIDEO - Anne James, suster van Heidi Hobbs, wat gesterf het toe sy deur 'n motor getref is op die N2.
Die Hobbs gesin. Voor: Daniel, Edlizaan, Edwardine, Heidi en Edwin. Agter: Heinry en Heinrich Hobbs.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'