MOSSELBAAI NUUS - Besorgde strandgebruikers het gedurende Paasnaweek navraag gedoen nadat honderde klein vissies, sommige nog lewendig, op Hartenbos se strand uitgespoel het.
Volgens Phillip Vermaak, voorsitter van die Hartenbos Rivierforum is die oopmaak van die mond tydens die Springgety op 17 April noodsaaklik gewees om moontlike vloedskade te voorkom. Inwoners het die visvrektes aan die oopmaak gekoppel.
Volgens Stephen Lamberth van die departement van landbou , bosbou en visserye (DAFF) kom daar twee tipes tilapia in die Hartenbosrivier voor, tilapia sparrmanii en Mozambique Tilapia (Oreochromis mossambicus). Veral die Mosambiekse tilapia is 'n geharde vis maar beide spesies kan wel in soutwater oorleef. Beide spesies is indringers.'n Skielike verandering in see temperatuur, is 'n groot faktor tot die vrektes.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het die dooie visse die volgende dag verwyder.
Tilapia sparrmanii en Mozambique tilapia kom beide in die Hartenbosrivier voor en kan in soutwater oorleef.
Hordes klein vissies het op die Hartenbos se strande uitgespoel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'