MOSSELBAAI NUUS - 'n Huisbewoner van Danabaai, Raynier van Rooyen, het laat weet dat hulle 'n klein vinkie het wat by hulle huis aangekom het.
Dit is na aanleiding van Mossel Bay Advertiser se berig twee weke gelede oor die gevlekte ooruil wat hom/haar in 'n tuin in Bayview tuisgemaak het.
Raynier vertel dat hy in die tuin besig was toe die vink skielik om sy bene was en hom soos 'n hond tot in die huis gevolg het.
"Ons het vir hom kos gegee en rond gedra vir drie weke. Hy is nou groot en kan vlieg, maar kom so vier keer per dag en raas by die voordeur tot ons hom pap, rys en druiwekorrels gee. Ek en my vrou, Mariska, hanteer hom nie meer nie sodat hy kan wild raak. Die vinkie bly nou in die boom voor die huis as hy nie hier kuier nie."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'