Update
MOSSELBAAI NUUS - Nasionale bestuurder (ouer persone) van die ACVV, Lucia Smuts, het bevestig dat die vier werknemers van Onse Rus op Mosselbaai wat positief getoets het vir Covid-19, vir 14 dae in isolasie is.
Twaalf bejaarde inwoners van die tehuis het ook positief getoets vir Covid-19.
Bestuurder van die tehuis, Amanda Prinsloo sê ‘n bejaarde vrou is verlede week hospitaal toe gestuur nadat sy verdagte simptome gehad het. Die vrou het by ‘n hospitaal op Mosselbaai positief getoets vir Covid-19.
Prinsloo sê sy het onmiddelik die hele tehuis se inwoners en werknemers laat toets waarna sy die uitslae die afgelope naweek ontvang het.
Vorige artikel: Sestien Covid-19 gevalle by tehuis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'