MOSSELBAAI NUUS - Bekende Mosselbaaier Pierre Terblanche is op 16 November oorlede.
Terblanche was 'n bekende gesig op die dorp en 'n gebore Mosselbaaier. Hy is op 10 Julie 1949 gebore en is aan 'n hartaanval in Swakopmund, Namibië, oorlede.
Terblanche en sy vrou Mari is op Hartenbos getroud en het drie kinders hier grootgemaak. Terblanche het die besigheid Terblanche Transport op sy eie begin in 1976 en dit met die jare uitgebrei tot 'n trotse familiebesigheid.
Hy was steeds aktief by die besigheid betrokke ten tye van sy dood.
Terblanche laat sy vrou, Mari, sy kinders Ronel, Werner en Leon en sewe kleinkinders agter. 'n Datum vir die roudiens is nog nie vasgestel nie.
Die familie bedank Mosselbaaiers vir hul ondersteuning en medelye.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’