Update
MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van die vermiste visserman, wat saam met ses ander bemanning op die Dijaanda vissersboot was toe die boot Dinsdag in die vroeë oggendure op die rotse naby Gouritsmond geloop het, se liggaam is gevind.
Polisiewoordvoerder, sers Chris Spies sê polisieduikers het vroeg vanoggend, 10 Augustus met die soektog voortgegaan.
Die liggaam om ongeveer 12:30 uit die water by Gouritsmond gehaal.
Die identiteite van die oorledenes is nog nie deur die polisie bekend gemaak nie. Die ondersoek duur voort.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’