KLEIN BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het 'n 22-jarige verdagte in hegtenis geneem na die gewapende roof by die Eden Country Inn verlede week.
Die man het op Maandagaand, 8 Julie by die hotel op Klein-Brakrivier ingestap en die ontvangsdame met 'n vuurwapen gedreig. Hy het daarna R17 000 kontant uit die kasregister geneem en te voet gevlug.
Polisiewoordvoerder sersant Laurianne Botha sê die verdagte is op Vrydag, 12 Julie, op Klein-Brakrivier in hegtenis geneem.
Sy bevestig die kontant is egter nie teruggevind nie.
Die verdagte het op Maandag, 15 Julie in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van besigheidsroof.
Lees 'n vorige artikel hier: Man in hegtenis na hotelroof
'Ons bring jou die nuutste Klein Brakrivier, Tuinroete nuus'