KLEIN BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het ‘n 22-jarige verdagte in hegtenis geneem in verband met die gewapende roof by die Eden Country Inn vroeër die week.
Die man het Maandagaand by die hotel op Klein-Brakrivier ingestap en die ontvangsdame met ‘n vuurwapen gedreig. Hy het daarna R17 000 kontant uit die kasregister geneem en te voet gevlug.
Polisiewoordvoerder, sersant Laurianne Botha sê die verdagte is gister op Klein-Brakrivier in hegtenis geneem.
Sy sê geen kontant is egter teruggevind nie.
Die verdagte verskyn Maandag in die Mosselbaai Landdroshof op ‘n aanklag van besigheidsroof.
Lees 'n verwante artikel hier: Eden Country Inn beroof
'Ons bring jou die nuutste Klein Brakrivier, Tuinroete nuus'