Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Vyftigjarige verdagte wat daarvan aangekla word dat hy 'n sewejarige meisie betaal het sodat hy haar kon betas, het op Vrydag, 6 November vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Uitspraak sou in die saak gelewer word, maar dit is na 12 November uitgestel.
Die verdagte ontken skuld op 'n aanklag van seksuele aanranding en dat hy die slagoffer by die parkeerterrein op Diasstrand oorkant die Diaz Waterpark betas het.
Die staat beweer egter die man is skuldig en het onder meer ook 'n ooggetuie se verklaring aan die hof voorgehou.
Vorige artikels:
- Uitspraak in betastingsaak
- Man in hof vir kinderbetasting
- Sewejarige se betaster in hof
- Man betaal om 7-jarige te betas
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'