Update
MOSSELBAAI NUUS - Die verhoor van 'n 50-jarige man wat glo 'n sewejarige meisie van Mosselbaai R41,60 gegee het sodat hy haar kon betas, het gister, op 8 Oktober in die Mosselbaai-streekhof begin.
Die voorval het op Saterdag, 13 April 2019 by die parkeerterrein op Diasstrand oorkant die Diaz Waterpark plaasgevind.
'n Op en wakker pa wat sy seun die betrokke dag na die strand geneem het om branderplank te ry, het die voorval gesien na hy en sy seun uit die water gekom het.
Die seun het by 'n stort naby die parkeerterrein die seewater afgespoel toe die ooggetuie sien hoe die verdagte in sy grys Uno by die parkeerterrein sit en die sewejarige meisie nader trek.
Volgens die polisie het die man gesien toe die verdagte sy hand by die slagoffer se privaatdeel sit.
'n Polisiewoordvoerder sê die ooggetuie het vir die man geskree en nader gehardloop, waarna hy die verdagte se motorsleutels uit die aansluiter geruk het. "Die ooggetuie het die polisie gebel en die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem op 'n aanklag van seksuele aanranding.
"Die omkoopgeld is in die slagoffer se besit gevind."
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'