MOSSELBAAI NUUS - Die polisie het gisteraand ‘n sewe-en-dertigjarige man op Wolwedans in hegtenis geneem in verband met ‘n gewapende roof op Groot-Brakrivier gisteroggend.
Nog ‘n verdagte wat na wat verneem die wegkom-motor sou bestuur is gistermiddag in hegtenis geneem.
Die voorval hou verband met ‘n gewapende roof gisteroggend voor die Greenhaven Superette waartydens ‘n insittende van ‘n afleweringsvoertuig wat brood vervoer, in die maag geskiet is.
Die slagoffer is kort na die voorval na die Mosselbaai provinsiale hospitaal afgevoer. Sy toestand is nog nie aan die media bekend gemaak nie.
Die polisie volg steeds leidrade op en is opsoek na nog 'n verdagte.
Vorige artikels:
- Rowers steeds op vryevoet
- Man wat glo wegkom-motor bestuur vasgetrek
- Een geskiet in gewapende roof
- Grootskaalse soektog na rowers op Groot Brak
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'