Gallery Update
MOSSELBAAI NUUS - Die helikopter wat die polisie bygestaan het in ‘n grootskaalse soektog na drie vermeende rowers op Groot-Brakrivier het intussen onttrek.
Die polisie is steeds op die spoor van die gewapende verdagtes maar digte bosse en klowe bemoeilik die soektog. Die polisie het bevestig dat hulle steeds voortgaan met patrollies in die omgewing.
Intussen is ‘n selfoon wat tussen riete naby die misdaadtoneel op Green Haven, ingestuur vir ontleding en vingerafdrukke. Die polisie het ook vingerafdrukke op die afleweringsvoertuig waar die rooftog plaasgevind het, geneem.
Fotogalery: Gewapende rooftog op Green Haven
Die toestand van die slagoffer wat geskiet is voor die Greenhaven Superette is nog nie bekend nie.
Die rowers het toegeslaan toe die insittendes voor die winkel stop om na wat verneem word, brood af te lewer. Dit is nie tans bekend wat hulle geroof het nie.
Intussen is ‘n verdagte deur die polisie vir ondervraging geneem omdat hy vermoedelik verbind word met die rooftog en die wegkom-motor sou bestuur.
Meer inligting is nie tans beskikbaar nie. Die polisie het bevestig dat hulle ‘n beskrywing van die verdagtes bekend sal maak.
Patrollies sal nou deur polisiebeamptes in- en om die Groot-Brakrivier gebied gedoen word.
Vorige artikels:
- Man wat glo wegkom-motor bestuur vasgetrek
- Een geskiet in gewapende roof
- Grootskaalse soektog na rowers op Groot Brak
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'