Update
MOSSELBAAI NUUS - Twee verdagtes wat op korrupsie-aanklagte van meer as R27 miljoen in hegtenis geneem is, het gister hul eerste verskyning in die Mosselbaai-landdroshof gemaak.
Die verdagtes, die 30-jarige Michelle Alexander en die 48-jarige Godfrey Limbert het na bewering 'n Mosselbaai munisipale werknemer probeer omkoop om te verseker dat 'n spesifieke sekuriteitsmaatskappy 'n sekuriteitstender sou kry.
Alexander en Limbert is die afgelope week in hegtenis geneem tydens 'n lokval wat deur die Valke opgestel is nadat die munisipale werknemer die fluitjie op die vermeende korrupsie geblaas het.
Hulle bly in aanhouding en sal weer op 12 Julie in die Mosselbaai-landdroshof vir ‘n formele borgtogaansoek verskyn.
Vorige artikel: Munisipale amptenaar blaas fluitjie op korrupsie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’