MOSSELBAAI NUUS - By 'n woning in Mooneystraat, Civic Park kyk 'n mens voorwaar twee keer in die verbygaan net omdat die tuin so 'n lus vir die oog is.
Dit is die trotse handewerk van Johannes Meintjies.
Hy het duidelik groen vingers te oordeel aan hoe geil sy blomtuin groei.
Plaaslike skrywer en geskiedeniskenner, Charles Theunissen het 'n paar foto's van dié spogtuin aan die Mossel Bay Advertiser gestuur.
Die Meintjies-egpaar by hulle vetplanttuintjie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'