MOSSELBAAI NUUS - Een van die Zettie Jonker Hulpsentrum se leerders, Tihan Labuschagne (12), het op Sondag, 27 November aan die Eden Triathlon wat by Groot-Brakriver gehou is, deelgeneem.
Dit behels 'n 400m swem, 'n 10km fietsry-rit, en 'n drafsessie van 2.5km.
Tihan het dié uitdaging in onder 'n uur voltooi met 'n tyd van 56min en 22sekondes. Tihan is 'n man van min woorde en het sy deelname aan die driekamp toernooi as "baie lekker" beskryf.
Die hoof van die ZJ Hulpsentrum, Zettie Jonker, sê die skool is baie trots op Tihan. "Ons leerders het nie gewone skolesport waaraan hulle kan deelneem nie. Ons verwelkom dié tipe kompetisies waar individue hul talente kan uitleef."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'