MOSSELBAAI NUUS - Die St Blaize Model Vlieërs het Saterdag, 14 Oktober, as deel van die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees hul jaarlikse raak-en-vlieg-kompetisie by die klub gehou. Die klub is geleë in Aalwyndal oorkant die Mossebaai vliegveld.
Die algehele wenners van die dag se kompetisie was Kobus Swanepoel eerste. Maurice van Egmund tweede en Wouter Fourie derde.
St Blaize Model Vlieërs is in 1996 gestig en beskik oor 'n klubhuis met goeie geriewe, 'n geteerde aanloopbaan en 'n skadu bedekte, kuipe area.
"Die enigste nadeel is dat ons nie meer grootskaal modelle kan akkomodeer op 'n algemene vliegbasis nie as gevolg van beperkte vliegruimte weens die oprigting van woonhuise in die area. Tydens "fly ins" maak ons egter 'n uitsondering vir grootskaal en straal aangedrewe modelle," sê Kobus Swanepoel.
Kobus Swanepoel vlieg hier met sy methanol aangedrewe Shotgun radio beheerde vliegtuig.
Nico Erasmus doen 'n perfekte lae verbyvlug met sy elektries aangedrewe Shotgun vliegtuig. Foto: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’