Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Op 3 Oktober het inwoners van Hartenbos Dienssentrum ouetehuis-kompleks op ‘n uitstappie na Wilgewandel Vakansieplaas op Oudtshoorn gegaan.
Die uitstappie het begin by die Smits Winkel, waar almal eers hulle bene gerek en deur die interessante winkel gestap het.
FOTOGALERY: Seniors geniet uitstappies
Daarna het hulle na Wilgewandel gegaan, waar hulle heerlik saam gekuier en geëet het.
In byna volmaakte weerstoestande en die wêreld wat in 'n lushoif omskep is het van die inwoners dit ook gewaag om op van die kamele te ry.
Ná ete het van hulle rondgeloop en toe het hulle na Oudtshoorn Volstruisplek in die dorp gery. Daar het van hulle iets gekoop om huis toe te neem en toe het hulle weer teruggekeer na Hartenbos.
Op 2 Oktober het van die Dienssentrum se inwoners op 'n uitstappie na Eight Bells Mountain Inn op Ruiterbos gegaan. Daar is hulle bederf met 'n heerlike teetjie.
Die seniors by Wilgewandel Vakansieplaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’