Update Video
MOSSELBAAI NUUS en VIDEO - Raadslede en die Mosselbaai Munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee het self ingespring om die riviermonding van die Hartenbosrivier oop te maak.
Die munisipaliteit het toestemming on die rivier as 'n noodmaatreël oop te maak om die watervlak te laat daal.
Die optrede volg nadat meganiese toerusting nie by die monding kon uitkom weens hoogwater nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en raadslede Marie de Klerk en Anton Dellemijn help om die Hartenbosriviermond oop te grawe.
Lees vorige artikels:
• Opening of river mouth postponed
• Hartenbosriviermonding spoedig oopgemaak
VIDEO & FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'